NOK POSDUIFUNIE


Prysuitdeling Carnarvon - Saterdag 20 Oktober 2018

Ons gasheerklub is 'n klub met 'n mooi geskiedenis wat vertel van die entoesiasme van 'n paar duiweboere in Carnarvon, Loxton en Vanwyksvlei, wat - ten spyte van afstande en moeiliker omstandighede - 'n klub begin het. 'n Klub wat 'n merk maak in die Unie.  Hierbo is twee van daardie stigterslede besig om te vertel hoe alles begin het.  Eben Hugo (Carnarvon) links en Izak Marais (Burgersdorp) regs op die foto

Die Groot Manne - 2018

Uniekampioen

Bielie Lourens (Burgersdorp) die 2018 Uniekampioen ontvang sy pryse van Alida Viljoen 

Reserwekampioen

Jacques Grobbelaar (Alpha en Omega plus Paul van Luckhoff), die 2018 Reserwekampioen en Alida Viljoen 

Enkele ander wenners

Op die foto's hierbo word pryse deur Alida Viljoen oorhandig aan Christiaan de Klerk (De Klerk Hokke - De Aar), Christo Meyer (Dreunberg Hokke - Burgersdorp); Arthur Strydom (De Aar); Wessel Steenkamp (Stoneys Hokke - De Aar); Tommie Olivier (Witvlei Hokke - Carnarvon);  Dave Hanpton (Merino) en heel onder Piet du Toit en Jan Jonck (Jonck en Du Toit - De Aar)

Ons gasspreker

Dr. Wim Peters, duiweboer en kenner van duiwegesondheid besig om sy kennis te deel.

Arthur Strydom het 'n boek, wat dr. Wim Peters geskryf het  (een van die vele) en aan Carnarvon geskenk het, opgeveil  

Tydens die lesing was die duiweboere  se aandag voluit by die spreker  (vlnr Dr. Sieberhagen - Beaufort-Wes; Izak Marais - Burgersdorp; Benito Job en JR Marais, beide van Merino Posduifklub in Graaff-Reinet.

Dr. Wim Peters, Pedrie van der Merwe (Philipstown) en Christie Venter (Jnr) - Wortelfontein Hokke (De Aar)

Dr. Wim het verduidelik, maar die foto wys dat Pedrie van der Merwenog vra: Hoe ....?

Make a free website with Yola